Michelle & Leon
17 September 2022 | Gourikwa Reserve, WCOns Storie
By events was ons gereeld, en iemand was verveeld. hy het met bikes rond gery, en almal vermy. Toe op ‘n dag sien hy ‘n meisie wat lag, wat deur die obstacles vlieg terwyl die ander rond wieg. Die ou bel toe rond, en hou sy oor op die grond. om meer te probeer weet, van die meisie wat hy nie kan vergeet.
Hy kry toe haar naam, en elke keer op die baan as hy verby haar ry, se hy Hallo JY. Toe word daar besluit om te gaan op n date, dit eindig toe goed en hy skraap sy moed. Hy vra haar toe sommer en voor sy kan wonder, om sy Nooi te wees, klink vir haar na ‘n fees. Dit is asof ons in die wolke leef en oral rond sweef. Dit is soos ‘n permanente vakansie gevoel, as julle weet wat ons bedoel. Toe amper 3 jaar later, daar langsaan die water. Met een knie gebuig, en die Potgieters om te getuig, vra hy haar toe om te trou en hulle lewe saam te bou. Vir die wat nog wonder en heeltyd bekommer, kom deel in die begin van ons nuwe geding
Dae tot troue
Tel saam met ons die dae af tot by Saterdag, 17 September 2022 om 15h00.
Day(s)
:
Hour(s)
:
Minute(s)
:
Second(s)
Verrigtinge
Kuier, lag en baljaar saam met ons die naweek van 16-18 September 2022.
Ons weet almal moet vêr ry om ons te sien vry…
Maak ‘n naweek daarvan en vergeet van die kleinspan. Twee families kom saam, dit vat meer as net een maan.
So, vir almal om te meng en mekaar te leer ken: Die naweek begin met ‘ n Vrydagaand ding… Bring net ‘n dop, ons voorsien die tjop.
Saterdag is die groot dag waarvoor ons almal wag. Meisies, rokkies reg, hare gevleg.
Manne, dasse aan, dis tyd om te gaan. Dis Michelle se groot dag, moet nie laat sy vir jou wag!
Sondag wil ons groet met almal in ‘n kort broek.
‘ n Lekker ontbyt voor ons sê, fluit-fluit die naweek-vieringe is uit!
Ons weet almal moet vêr ry om ons te sien vry…Maak ‘n naweek daarvan en vergeet van die kleinspan. Twee families kom saam, dit vat meer as net een maan.
So, vir almal om te meng en mekaar te leer ken: Die naweek begin met ‘ n Vrydagaand ding… Bring net ‘n dop, ons voorsien die tjop. Saterdag is die groot dag waarvoor ons almal wag. Meisies, rokkies reg, hare gevleg.
Manne, dasse aan, dis tyd om te gaan. Dis Michelle se groot dag, moet nie laat sy vir jou wag! Sondag wil ons groet met almal in ‘n kort broek. ‘n Lekker ontbyt voor ons sê, fluit-fluit die naweek-vieringe is uit!

16 September
Vrydagaand- 17:30. Steek ons die vure aan (Gourikwa Poolhouse)

17 September
Troudag – 15h00 vir 15h30

18 September
Ontbyt buffet – 09h00 (Gourikwa restaurant teen R130pp)

Gaste
Metgeselle en kinders slegs per uitnodiging

Kleredrag
As ons Leon in ‘n langbroek sit… moet die gaste ook! Semi-formele drag
Akkomodasie
Gourikwa Reserve
Kontak ontvangs vir “Odendaal Troue” besprekings. Email: info@gourikwa.co.za. Telefoon Nr: 087 702 9126
Ongelukkig kan jy nie direk deur die website bespreek nie. (Om rede die naweek vir trou-gaste beperk word en daar is genoeg plek vir almal!)
Fisherman Houses
R1300 per unit per night
(Sleeps 4, minimum 2-night stay)
Villas/Double rooms
R400 per person sharing (2-6 adults)
R600 single rate (1 Adult)
Ander Akkommodasie
Die troue vind plaas by Gourikwa Reservaat in die Wes Kaap. Daar is akkommodasie op die reservaat vir al die trou gaste, hierdie is alternatiewe.
3.6km van Gourikwa
7.3km van Gourikwa
9.6km van Gourikwa
22km van Gourikwa
Geskenk Idees
Moenie vrees, oor die geskenk idees. Jou teenwoordigheid is wat ons begeer, ‘n geskenk sal ons waardeer. Brood en melk is altyd nodig, so’ n geldjie is nie oorbodig.
RSVP
Laat weet ons teen 01 Augustus 2022 of julle ons troudag sal kan bywoon.